Weereens was die jaarlikse The One Financial dames ontbyt ‘n groot sukses. Die tafels was getooi in groen en silwer.

Die blikke wat die Potpourri span (Trudie, Rentia en Jackie) versier het het gepryk op die tafels met pragtige proteas en die varste fynbos ingevoer vanaf Riversdal (dankie Magda). Daar is geld ingevorder vir Altzeimers. Die blikke met die blomme is verkoop en die dames het gespring en die opbrengs sal ook daaroor aangewend word. Baie dankie aan Millers prokureurs wat die decor geborg het.

En dan was daar Antoinette Pienaar wat ons vermaak het, met pragtige stories wat ons laat skater het van die lag. Maar daar was ook die ernstige kant waar sy vir elke vrou iets gegee het om mee huis toe te gaan.

Dankie Isobel altyd great om saam met jou en Nanje te werk. Baie dankie ook dat ons twee tafels kon dek as advertensie, waarvan een vir kinderpartytjies is! En moenie vergeet van die great pryse wat geborg is deur verskeie besighede! Dankie julle het dit vir ons dames so spesiaal.

Share Button