Die vraag is ? Nou het Potpourri Functions ontstaan?  Hierdie besigheid het ‘n interessante begin gehad.

Ek het groot geword in die Oos Kaap naby Kirkwood. Heerlike plaaslewe, was maar altyd lief vir blomme. En natuurlik om ‘n mooi tafel te dek. Op die plaas het ons sommer veld blommetjies op die tafel gesit. En onthou om as gesin om die tafel te sit was was die inding en ‘n et was altyd ‘n fees! Lekker boerekos en baie vleis.

Na skool het ek die kollege ding gaan doen en toe by Prokureurs begin werk.  Ek het vir ‘n hele paar jaar op Jeffreysbaai gebly.  Daar het ek tot bekering gekom en in aand in ‘n huiskerk het ‘n man wat my glad nie geken het nie na my toe gekom, sy hand op my skouer gesit en sy woorde was “ek sien jou met blomme wer, ek sien baie blomme om jou” . Ek het dit in my hart gebêre ….. want ek het nie geweet waar dit inpas nie.

Jare daarna in George raak ek bevriend met Chenean en Sylnet twee fantastiese vroue en ek begin saam met hulle troues doen.  Hulle raak so besig dat ek omtrent elke naweek hulle help en in daardie tyd is ek soos ‘n spons. Ek leer van blomme, kwotasies en voorleggings. Ek leer van verhoudig bou en hoe belangrik elke bruidspaartjie is! Hulle verkoop toe die besigheid en tre Montagu toe.  En ek vra …… wat nou van my.  Die antwoord “begin jou eie besigheid” .

En so begin Potpourri Function so ongeveer 3 jaar gelede. En die Here neem my terug na die profesie jare gelede ….. ek sien jou met blomme werk.  En ek is opgewonde … ek het nie geld nie. Niemand ken my nie. Ek het nie ‘n naam nie, het nie besigheidskaartjies nie. Al wat ek het is die goed wat my vriendin Chenean vir my gegee het, baie entoesiasme. My eerste besigheidskaartjies was afdrukke, ek het oral rondgegaan en afgegee en ‘n Fb bladsy begin.

Die eerste ruk het ek mense by coffeeshops gesien. Langs my eenheid waar ek bly is ‘n waskamer. Dit behoort toe aan ‘n insolvente boedel. Vir ‘n jaar soek ek na die Likwidateur. En ek spoor hulle op en koop die eenheid. En daar is die Potpourri studio, dit is waar ek voorleggings doen waar ek blomme doen, waar ons verf en enigiets maak, na jou smaak! Jy vra en ons maak dit!

In hierdie 3 jaar het ek so baie geleer van blomme en mense.  En ek is mal oor my werk. Elkeen wat oor my pad kom is spesiaal. Ons bou verhouding.

Hier is baie eventplanners in ons area. Wat maak my anders? Elkeen wat oor my pad kom is spesiaal.  Ons soek totdat ons kry wat jy graag op jou troue of funksie wil hê!  Persoonlike outydse diens! Dit is Potpourri Functions

Share Button