Heinrich en Talita se troue by Down to Earth

En vandag het die Potpourri span hulle eerste oggend troue gedoen.

En dit was die wonderlikste oggend wat die Here vir die pragtige jongmense gegee het!

Ons kon eers vanoggend begin met die decor want daar was eers ‘n funksie gisteraand by Down to Earth.

Baie geluk Heinrich en Talita. Baie gelukkige jare vir julle.

Hier is ‘n paar fotos van hierdie wonderlike dag!

 

Share Button

60’ste verjaarsdag by Oubaai

Nog ‘n suksesvolle funksie is agter die rug! Ons het Saterdag ‘n spesiale 60ste verjaardag by Oubaai gedoen. Soos altyd het ons baie “fun and laughter” as ons werk.

Ek moes weer leer klim om die Chinese balle te hang en die dak is vreeslik hoog.

Hierdie verjaardag is deur Estie van Elite Hire na ons toe verwys.

Die potte en kerse is by hulle gehuur. Baie dankie Estie.

Hier is ‘n paar fotos.

Kontak ons gerus vir daardie spesiale verjaardag!

Die lekkerste lekker bly as jy ‘n pragtige whatsapp voice message kry van jou klient “asemrowend”.

Carlin dit was heerlik om die funksie vir julle te doen!

Share Button

Mykael en Simone se troue by Down to Earth

And another one bites the dust! Mykael en Simone is gister by die Heralds Bay Resort getroud.

Alhoewel dit winter is het hulle laat middag buite getroud.

Dit was ‘n pragtige wintersmiddag! Simone was die heeltyd baie “chilled” maar die senuwees het ook maar nader aan die tyd ingeskop.

Congratulations from the Potpourri team. May you have years of fun and happiness!!!

 

Share Button

The One Financial dames ontbyt

Weereens was die jaarlikse The One Financial dames ontbyt ‘n groot sukses. Die tafels was getooi in groen en silwer.

Die blikke wat die Potpourri span (Trudie, Rentia en Jackie) versier het het gepryk op die tafels met pragtige proteas en die varste fynbos ingevoer vanaf Riversdal (dankie Magda). Daar is geld ingevorder vir Altzeimers. Die blikke met die blomme is verkoop en die dames het gespring en die opbrengs sal ook daaroor aangewend word. Baie dankie aan Millers prokureurs wat die decor geborg het.

En dan was daar Antoinette Pienaar wat ons vermaak het, met pragtige stories wat ons laat skater het van die lag. Maar daar was ook die ernstige kant waar sy vir elke vrou iets gegee het om mee huis toe te gaan.

Dankie Isobel altyd great om saam met jou en Nanje te werk. Baie dankie ook dat ons twee tafels kon dek as advertensie, waarvan een vir kinderpartytjies is! En moenie vergeet van die great pryse wat geborg is deur verskeie besighede! Dankie julle het dit vir ons dames so spesiaal.

Share Button

Charl en Renske se troue by Down to Earth

Wat ‘n absolute voorreg was dit nie vir die Potpourri span om Charl en Renske se troue te doen by Down to Earth. Renske en haar vriendin Elanie het my so rukkie terug kom sien en ons het saam tafel gedek in die studio. En so doen ons ‘n pragtige stylvolle troue. En die bruid het soos ‘n prinses gelyk!

Ek wil net spesiaal dankie sê vir my spanmaat Rentia. Jy is my steunpillaar. Dankie ook vir Rhonley vir haar hulp. Wat so lekker was was toe Renske en van haar familie Vrydagaand by die Venue kom en ons drink ‘n glasie sjampanje. Dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag.

Hier is nog ‘n paar fotos. Saterdagoggend was dit so dig van die mis. Later het die sonnetjie sy kop uitgesteek en die dit was ‘n pragtige middag.

Share Button

Vroue ontbyt met One Financial Solution

Sjoe ons werk alweer aan die volgende troue en jaarlikse vroue ontbyt saam met One Financial Solution in Junie. Almal wag gewoonlik vir die spesiale ontbyt saam met Isobel Rowher en haar span. Kan nie wag nie ….. Continue reading “Vroue ontbyt met One Financial Solution”

Share Button