Wat ‘n absolute voorreg was dit nie vir die Potpourri span om Charl en Renske se troue te doen by Down to Earth. Renske en haar vriendin Elanie het my so rukkie terug kom sien en ons het saam tafel gedek in die studio. En so doen ons ‘n pragtige stylvolle troue. En die bruid het soos ‘n prinses gelyk!

Ek wil net spesiaal dankie sê vir my spanmaat Rentia. Jy is my steunpillaar. Dankie ook vir Rhonley vir haar hulp. Wat so lekker was was toe Renske en van haar familie Vrydagaand by die Venue kom en ons drink ‘n glasie sjampanje. Dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag.

Hier is nog ‘n paar fotos. Saterdagoggend was dit so dig van die mis. Later het die sonnetjie sy kop uitgesteek en die dit was ‘n pragtige middag.

Share Button