The One Financial dames ontbyt

Weereens was die jaarlikse The One Financial dames ontbyt ‘n groot sukses. Die tafels was getooi in groen en silwer.

Die blikke wat die Potpourri span (Trudie, Rentia en Jackie) versier het het gepryk op die tafels met pragtige proteas en die varste fynbos ingevoer vanaf Riversdal (dankie Magda). Daar is geld ingevorder vir Altzeimers. Die blikke met die blomme is verkoop en die dames het gespring en die opbrengs sal ook daaroor aangewend word. Baie dankie aan Millers prokureurs wat die decor geborg het.

En dan was daar Antoinette Pienaar wat ons vermaak het, met pragtige stories wat ons laat skater het van die lag. Maar daar was ook die ernstige kant waar sy vir elke vrou iets gegee het om mee huis toe te gaan.

Dankie Isobel altyd great om saam met jou en Nanje te werk. Baie dankie ook dat ons twee tafels kon dek as advertensie, waarvan een vir kinderpartytjies is! En moenie vergeet van die great pryse wat geborg is deur verskeie besighede! Dankie julle het dit vir ons dames so spesiaal.

Share Button

Vroue ontbyt met One Financial Solution

Sjoe ons werk alweer aan die volgende troue en jaarlikse vroue ontbyt saam met One Financial Solution in Junie. Almal wag gewoonlik vir die spesiale ontbyt saam met Isobel Rowher en haar span. Kan nie wag nie ….. Continue reading “Vroue ontbyt met One Financial Solution”

Share Button

Verrassingsontbyt by Meade Cafe

Vandag het ek die voorreg gehad om saam met Elanie ‘n verrassingsontbyt se dekor by Meade Cafe te doen. Lynni ek hoop jy geniet die ontbyt en dat jy vreeslik spesiaal sal voel! Continue reading “Verrassingsontbyt by Meade Cafe”

Share Button